NewsSchools

Hoërskool Die Anker se rugbyspelers verbeter in die PUK-reeks

Hoërskool Die Anker se rugby het met die afgelope PUK-reeks met drie plekke verbeter.

In 2017 het Die Anker 10de geëindig uit die 16 skole wat deelgeneem het en vanjaar het die skool na ’n sewende plek opgeskuif.

Saterdag het Die Anker in die finale te Potchefstroom sewe uit die 10 rugbywedstryde gewen.

Die o-14 A-span het uit al Die Anker spanne die beste met ’n vierde plek gevaar.

Lees ook: Hoërskool Die Anker maak geskiedenis

Die algemene rugby posisie vanaf die eerste tot die 16de plek is soos volg: Zwartskop, Noordheuwel, Montana, Lichtenburg, Marias Viljoen, Middelburg, Die Anker, Potch Gimmies, Potch Volkies, Wesvalia, HTS Witbank, Jeugland, Oosterlig, Hugenote, Randburg en Driehoek.

Die Valkeliga lê nou voor en Die Anker het sy eerste wedstryd reeds Woensdag met ’n tuiswedstryd teen die Hoërskool Oosterlig afgeskop.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button