Editor's noteLocal newsNews

Kollig: Leer vir Cheray Herron ken

Cheray Herron van die Sonneveld Akademie is in die week se kollig.

Cheray Herron (18) is vanjaar die hoofdogter van die Sonneveld Akademie. Haar ouers is Cathy en Rudy Joubert (stiefpa) en die gesin woon in Dalpark. Sy het twee susters, Danica (11) en Rudé (8), asook ’n stiefbroer en -suster, Dewald (21) en Cayce (17).

Die jaar snel vinnig verby. Wat het tot dusvêr vir jou as hoofdogter van jou skool uitgestaan en was daar ’n oomblik wat jy liewer sou wou vergeet?

Die feit dat ek ’n voorbeeld kon wees vir my mede-leerlinge. Ek sou niks wil verander nie, as ek kon, sou ek dit weer wil oor hê.

Wat maak van ’n mens ‘n goeie leier?

Integriteit, lojaliteit en om nederig te bly maak ’n goeie leier.

Dink jy dit is belangrik dat skole leiers aanstel?

Definitief, leiers help orde handhaaf in skole.

As jy raad vir jonger leerders kon gee, wat ook graag hoofseun/ -meisie wil word, wat sal dit wees?

Bly altyd nederig en werk hard, dis ook belangrik dat jy betrokke raak by die skool en hul aktiwiteite.

Hoe voel jy oor boeliery in enige skool?

Boeliery in enige skool is ’n groot nee. Ek voel boeliery teen enigiemand breek mense af en ons moet mekaar opbou, nie afbreek nie. Hoe anders sal daar ’n toekoms vir jong mense wees?

Beoefen jy sport by die skool en dink jy dit is belangrik dat leerders aan sport deelneem?

Ja, ek is mal oor sport. Ek doen atletiek en netbal. Ek glo dat jong mense se gesondheid belangrik is en dit is ’n goeie uitlaatklep.

Dink jy daar is hoop vir die jong mense van hierdie land?

Ja, daar is hoop as ons almal net begin saamwerk.

As jy een wens wat bewaarheid sou kon word het, wat sou dit wees?

Ek wens ek kon werkloosheid verminder en om kindermishandeling te stop.

As jy vir een dag die president van die land kon wees, wat sou jy doen?

Ek sou beslis poog om geregtigheid en gelykheid in ons land te bring.

Dink jy die jeug van vandag spandeer te veel tyd op hul selfone?

Ja, definitief. Kommunikasie in gesinne en vriendekringe is besig om uit te sterf. Ons kuier nie meer nie, ons Whatsapp meer.

Hoe hanteer jy uitdagings en teleurstellings?

Ek hou van uitdagings, ek floreer daarop en teleurstellings is deel van grootword. As die een deur toegaan, gaan daar altyd ’n ander deur weer oop.

Verkies jy winter of somer en hoekom?

Winter, dit is dalk koud maar die mode en winterdrag is net soveel mooier.

Beskryf jouself in vyf woorde.

Kreatief, talentvol, lojaal, respekvol en onafhanklik.

Lees ook: Leerders maak harte oop vir kinders met kanker

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button