Editor's noteLocal newsNews

EMPD gaan ondersoek instel na skietery by begraafplaas

Die Herald het kommentaar ontvang van die woordvoerder van die Ekurhuleni EMPD, hoof  supt   Wilfred Kgasago, na aanleiding van die skietery wat verlede Sondag by die Brakpan begraafplaas plaasgevind het.

Die Herald het verlede week berig dat inwoners van Brenthurst ontevrede was oor die gedrag van begrafnisgangers, wat verlede Sondag ‘n begrafnis van ‘n lid van die EMPD bygewoon het.

Skote het deur die woonbuurt weergalm toe die stoet in Prince Georgelaan gery het, op pad na die begraafplaas. Daarna is talle skote afgevuur toe die begrafnisgangers by die graf van die oorledene bymekaar gekom het.

Hoof supt  Kgasago het bevestig dat die begrafnis wel dié van ‘n lid van die EMPD was.

Inwoners was baie ongelukkig oor die skietery wat plaasgevind het en hoe dit gehanteer was.

Hy het voorts gesê ‘n ondersoek  tans aan die gang is aangesien die afvuur van ‘n vuurwapen in ‘n residensiële area, sonder wettige rede, inderdaad teen die wet is.

“‘n Vuurwapen wat afgevuur word, soos daar aangevoer word, veroorsaak ‘n gevaarlike situasie aangesien dit die gevaar inhou om mense te beseer of selfs te dood. Beskadiging van eiendom kan ook voorkom.

Lees ook: Die skote klap in Brenthurst

“Dit is ook nodig om daarop te wys dat die begrafnis nie net beperk was toe lede van die EMPD nie, dus is dit ook moontlik dat individue, wat nie lede van die EMPD is, verantwoordelik kon wees vir die afvuur van vuurwapens,” het Kgasago gesê.

“Die doel van die ondersoek, wat van stapel gestuur is, is daarop gemik om die persoon of persone, wat verantwoordelik was vir die afvuur van skote,  te identifiseer.

Inwoners het ‘n verduideliking versoek van die EMPD oor die voorval wat plaasgevind het by die begraafplaas.

“In die toekoms sal voorkomende maatreëls getref word  om te verseker dat sulke optree nie voorkom nie.

“Alle persone wat byeenkomste, soos die genoemde begrafnis, maar ook ander byeenkomste bywoon, sal ingelig word oor die nagevolge wat onverantwoordelike optrede inhou en dat hulle selfs agter tralies kan beland.

Lees ook: Skietery by begrafnis is onaanvaarbaar

“Wetstoepassers sal ook daarop uit wees om skares te monitor by enige byeenkoms, waar die potensiaal of moontlikheid ontstaan vir individue om vuurwapens af te vuur, het Kgasago gesê.

Die Herald het ook verlede week berig dat die Brakpan SAPD die optrede ook veroordeel het.

‘n Woordvoerder vir die Brakpan SAPD het gesê dat die polisie nie vooraf  van die begrafnis  bewus was nie.

“Daar het wel klagtes na die polisiestasie deurgekom en die sektor voertuig is dadelik na die area ontbied.

“Dit is wel onwettig om ‘n vuurwapen in ‘n residensiële area af te vuur maar dit is ook moeilik om hierdie gedrag te monitor aangesien ons nie bewus is van elke begrafnis wat plaasvind nie,” het die woordvoerder gesê.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button