Editor's choiceLocal newsNews

Lesers maak harte oop na huis brand

Patricia Smit en Carel Roberts se huis in Cardiganlaan, Dalview het verlede Dinsdagmiddag laat aan die brand geraak.

Die Herald kon die week, danksy die goedhartigheid van verskeie lesers, ’n hoop kinderklere en beddegoed aan die ouerpaar, wie se huis verlede week gedeeltelik afgebrand het, oorhandig.

Die Herald het verlede week berig oor die voorval (Ma red nege maande oue tweeling uit brandende huis).

Patricia Smit en Carel Roberts se nege maande oue tweeling, Monique en Michaela en twee seuntjies Raymond (3) en Jay (2) kon na veiligheid gebring word alhoewel die tweeling na die hospitaal geneem en later ontslaan is.

Al die kinders se klere, beddegoed en van die meubels is in die brand vernietig.

Die Herald het berig dat slegs die klere wat die kinders aangehad het en ’n paar stukkies klere op die wasgoedlyn behoue gebly het.

’n Paar lesers het verlede week na vore gekom en danksy hul goedhartigheid is ’n groot hoop klere en beddegoed by die egpaar se huis afgelewer.

Patricia en Carel het almal wat goedere geskenk het bedank.

“Ons is werklik baie dankbaar,” het Patricia gesê.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button