Local newsNews

Behoorlike toerusting sal bydra tot bekamping van misdaad

Die toerusting sluit glimbaadjies, voertuigmagnete en radio’s in.

AfriForum se Brakpan-tak het in Augustus meer veiligheidstoerusting ontvang, nadat die tak ’n behoefte weens misdaadaktiwiteite in die dorp geïdentifiseer het.

“Ons gemeenskapsveiligheideenheid (GVE) ervaar tans ongekende groei,” het Gerhard Cilliers, AfriForum se Brakpan-takvoorsitter gesê.

“Ons het ons ledetal letterlik in twee maande verdubbel en dit is uiters belangrik dat die korrekte toerusting tot ons beskikking is.

“Behoorlike toerusting stel die buurtwag in staat om daadwerklik tot die bekamping van misdaad in die dorp by te dra.

“Ons is ook tans besig met die verkryging van toerusting vir ons EMS reaksielede en die daarstelling en uitbreiding van ’n kapelaansdiens,” het Cilliers bygevoeg.

“Ons bevorder oop en deursigtige kommunikasie en die daarstelling van toeganklike kanale om almal te laat saam praat en saam werk aan misdaadbekamping.

Lees ook: Steun AfriForum se teenboelieveldtog

“Die AfriForum Brakpan-tak, as deelnemers aan Projek Nehemia Oos-Rand, is ook baie opgewonde oor die vrugte van maande se kultivering van verhoudings in ons gemeenskap.

“Met gereelde reëlmaat raak meer buurtwagstrukture en plaaslike sekerheidsmaatskappye by uitgebreide inisiatiewe ten bate die hele gemeenskap betrokke,” het Cilliers gesê.

Hy het bygevoeg dat die AfriForum Brakpan-tak ook die heel eerste tak sal wees om as gasheer vir die Noord-streek Gemeenskaplike Operasionele Sentrum (GOS) vir AfriForum se volgende Nasionale Massa Patrollie in Oktober 2018 te dien.

“Ons moedig die gemeenskap aan om by die plaaslike AfriForum-tak en -buurtwag betrokke te raak. Hoe meer mense betrokke is, hoe groter die verskil wat ons kan maak,” het Cilliers gesê.

Jy kan betrokke raak by die plaaslike AfriForum-buurtwag deur “Buurtwag” na 45342 te SMS teen ’n koste van R1.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button