Chanté Viljoen is as die beste dogter atleet, beste landloopdogter en ook as die beste tweekampatleet aangewys. Sy is ook as die veelsydigste sportster van die jaar gekies.
Alisandro Cloete het die volgende prestasies behaal: Beste krieketspeler van die jaar, beste senior seun atleet, beste senior seun langafstandatleet, beste landloopatleet en die beste tweekampatleet van die jaar.Janka Ströh het die dogters junior kultuurtrofeë ontvang. Sy is ook as die beste redevoerder en kultuurster van die jaar aangewys. Janka het ook die beste akademiese prestasie in haar graad behaal.Zander Fourie het die top toekenning, naamlik Môrewagter van die Jaar, asook ’n hele rits ander toekenings ontvang. Hy het ’n trofeë vir sewe jaar deelname aan die koor ontvang. Hy het ook die hoogste punte in Engels en ekonomiese bestuurswetenskappe (EBW) behaal. Zander het ook ’n toekenning vir beste senior seun in ‘public speaking’ ontvang en het ook die senior seuns kultuurtrofeë ontvang. Hy is ook as die kultuurster van die jaar gekies.Kelly Frazer is as die netbalspeler, hokkiespeler (sy deel dit met Shinique Steyn) en beste senior atleet van die jaar aangewys. Sy is ook as die beste naeloop dogter atleet en -veldatleet gekies. Sy het ook die sportster trofeë van die jaar ontvang.