Word lid van die VLU
Die organisasie vergader elke tweede Dinsdag van die maand en nooi belangstellendes uit om aan te sluit.
Die Brakpan-tak van die Vroue Landbou Unie het Dinsdagoggend sy eerste vergadering vir die jaar gehad en met ’n beplanningsessie vir die jaar wat voorlê afgeskop.
Die gesellige vergaderings vind om 10vm in die saal van die NH Kerk te Dirk van der Hoffweg plaas.
Deur die loop van die jaar word praatjies en demonstrasies deur kundige persone aangebied.
Lees ook: VLU vier hul 58ste bestaansjaar met lente makietie
Lede kan ook aan kompetisies, wat oor die jaar strek, deelneem.
Vroue kan hul vernuf met ondermeer gebak, naaldwerk, blommerangskikking, fotografie en skryfkuns op die proef stel. Die kompetisies is egter glad nie verpligtend nie.
Vroue van enige ouderdom is welkom om aan te sluit.
Vir meer besonderhede kontak vir Elsabe Neveling by 082 891 4514.
Volg ons:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



