Editor's choiceLocal newsNews

VIDEO: Natalie is sak en pak op pad na die Filippyne

Die kompetisie, waaraan die room van die wêreld se jong modelle deelneem, vind vanaf 22 tot 27 Januarie plaas.

‘n Reuse uitdaging en wonderlike ondervinding wag op ’n jong model wat Saterdag na die Filippyne vlieg om Suid-Afrika tydens die Little and Teen Glam International 2019 kompetisie te verteenwoordig.

https://www.facebook.com/LTGISA18/videos/2160814790645577/

Alhoewel daar nog heelwat water in die see moet loop, is Natalie Krause (11) reg vir die groot uitdaging en hoop sy om met die gesogte kroon huistoe te kom.

Volgens haar ma, Mariette, sal verteenwoordigers van regoor die wêreld aan die kompetisie deelneem.

Lees ook: VIDEO: Groot uitdaging wag op dié twee

“Deelnemers word op onder andere aanddrag en ’n nasionale uitrusting beoordeel en talle onderhoude sal ook met hulle gevoer word,” het Mariette verduidelik.

Die mooi blondekop het met modelwerk begin toe sy maar drie jaar oud was en kan meer as 300 titels agter haar naam skryf.

“My uitrustings is reg en ek is baie opgewonde,” het Natalie gesê.

Natalie se pa, Deon, wat ’n kenner van die modelbedryf is, gaan saam met haar na die Filippyne vertrek.

Mariette en Natalie se broer, Evan (12), bly tuis en sal styf duim vashou.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button