AfriForum buurtwagte weer op hul pos
Altesaam 274 patrolleerders het opgedaag en 6 941 km is afgelê.
AfriForum se buurtwagte in Brakpan, Alberton, Benoni, Edenvale, Germiston en Kempton Park het op verlede Vrydag in samewerking met verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie in hul onderskeie gebiede geloods ten einde polisiëringsigbaarheid op te skerp.
Dié aksie het ongeveer 6nm begin en tot 6vm die volgende dag voortgeduur.
Lees: AfriForum lede ontvang opleiding in regsaspekte
Dié verskillende buurtwagte het ook 19 voorvalle tydens die massapatrollie hanteer.
“Die Oos-Rand-buurtwagte sal voortdurend projekte aanpak en gereeld patrollies uitvoer om in samewerking met die polisie en ander veiligheidsinstansies te poog om misdaad hok te slaan en veiligheid te bevorder,” het Hillel Coetzer, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid vir die noordstreek gesê.
Volg ons:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



