Editor's noteLocal newsNews

AfriForum skep gedenkwoud in begraafplaas

Die afgelope twee Sondae is daar 100 gate gegrou.

Die dorp vier vanjaar sy 100ste bestaansjaar en ter viering van hierdie gedenkwaardige geleentheid het AfriForum Brakpan-takbestuur 100 Vaderlandswilgerbome, aan die gemeenskap van Brakpan geskenk.

Lede van AfriForum Brakpan, was die afgelope drie naweke druk besig met voorbereidings vir die geleentheid.

Op 15 September is die uitmeting van die gedenkwoud gedoen en die afgelope twee Sondae is daar 100 gate gegrou, om eerskomende Sondag die bome te plant.

Lees: AfriForum lede van Brakpan ondersteun optrede

“Sondag sal ‘n gedenk- en toewydingsdiens plaasvind waarna die 100 bome geplant sal word, gevolg deur ‘n dankseggingsgeleentheid met die gemeenskap van Brakpan,” het Gerhard Cilliers, AfriForum se Brakpan-takvoorsitter gesê.

“Ons nooi elke inwoner, skool, kerk, en besigheid uit om ‘n manier te vind om hierin deel te neem,” het Cilliers bygevoeg.

Die geleentheid sal om 11vm vir 12uur plaasvind.

Belangstellendes kan met die AfriForum Brakpan-takbestuur in verbinding tree per epos by brakpan.afriforum@gmail.com of per WhatsApp by 060 740 7444.

Meer foto’s:

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button