Local newsNews

VIDEO: AfriForum herdenk dorp se 100ste bestaansjaar

Met die plant van 100 Vaderlandswilgerbome is dít die nagedagtenis wat AfriForum Brakpan vir die dorp laat.

Begraafplase is geskiedenisboeke wat in graniet gekerf is, maar bome is egter ‘n simbool van hoop aangesien dit leef, dit lewe ondersteun, en lewe skep.

Dié organisasie het Sondag, met die oog op die dorp se 100ste bestaansjaar, die inheemse bome in ‘n gedenkwoud in die Brakpan Begraafplaas geplant.

‘n Gedenk- en toewydingsdiens is gehou toe die bome deur lede van AfriForum Brakpan, die publiek en vrywilligers geplant is.

“Ons hoop van harte dat die 100 bome wat ons vandag as ‘n gemeenskap geplant het, al die goedheid sal absorbeer wat die ou inwoners van Brakpan aan ons dorp gegee het,” het Drummond Doig, ondervoorsitter van AfriForum Brakpan gesê.

“Ons hoop dat ons kinders, wat pret gehad het om die bome te plant, sowel as hul ouers, sal besef dat, net soos die mense in hul grafte tot die wêreld bygedra het, so ook het hulle  gedoen, deur die plant van die bome. Laat ons almal streef om meer goed as sleg te lewer. Ons hoop dat die woud ‘n positiewe herinnering sal bring aan elkeen wat dit sien, wat onder die takke loop, wat in die skaduwee sal vertoef en wat die suurstof, wat hierdie bome verskaf, sal inasem” het Doig bygevoeg.

Jong kinders, wat ook die geleentheid bygewoon het, sit op ‘n reuse boom in die begraafplaas wat omgeval het. Daar sal nou 100 nuwe bome in die begraafplaas groei.

AfriForum Brakpan se takvoorsitter, Gerhard Cilliers het gesê dat Brakpan vir 100 jaar amptelik as ‘n dorp bestaan.

“Vir die eerste 75 jaar het sy gefloreer, en bekendgestaan as die Tuindorp van die Oos-Rand. Tragies genoeg, is die dorp uitgelewer aan die falende sosialistiese bestel onder die hand van die huidige regime. Elke boom – 75 ter viering van groei, en 25 ter gedagtenis van die verval, is gelyk aan 100, ter herdenking van hoop.”

“Dit is geskenk aan die gemeenskap van Brakpan, om te fokus op die geleenthede wat daar bestaan, om ons toekoms in ons hande te neem en sélf daaroor te beskik,” het Cilliers bygevoeg.

Rudolf Herbst, AfriForum Brakpan-taksekretaris, het in beurt opgemerk dat die vestiging van die gedenkwoud, wat ook Brakpan se eeufees gedenk, is die AfriForum Brakpan-tak se bydrae in lyn met die organisasie se `veg en bou’ strategie.

AfriForum Brakpan het Sondag 100 bome in die Brakpan Begraafplaas geplant. In die foto (van links staan): Maritza Beresford, Gerhard Cilliers, ds Pieter Uys, Iselda Muller, Drummond Doig en Rudolph Herbst.

“Ons beveg die negatiewe van elkeen se koolstofvoetspoor, terwyl ons bou aan ‘n groener, gesonder toekoms vir ons nageslagte,” het hy bygevoeg.

Maritza Beresford, AfriForum Brakpan-tak se penningmeester het oor die geleentheid gesê dat daar in elke mens se lewe iets gebeur wat enig in sy soort is.

“Vir my en my gesin was vandag (met verwysing na Sondag) só ‘n gebeurtenis, “ het sy gesê.

“Nie ek of my kinders sal weer ‘n tweede eeufees in Brakpan kan vier nie. Dis ‘n baie besonderse ervaring om so klein bydrae te kon lewer, in so ‘n grootste gebeurtenis. Ons het vandag aan geskiedenis deelgeneem wat meeste geslagte nooit sal ervaar. ‘n Gedenkwaardigheid, enig in sy soort,” het Beresford gesê.

Video: 100 Vaderlandswilgerbome is geplant

Meer foto’s:

Lees: AfriForum skep gedenkwoud in begraafplaas

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts  (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button