Die Brakpan Dierebeskermingsvereniging het Saterdag ’n welkome skenking van dierekos ontvang, danksy die Die Oosrand 911 Zello-groep.
Die groep het Vrydag ’n beroep op lede van die publiek gedoen om kos aan die DBV te skenk.
’n Kollektepunt, waarheen die publiek hul skenkings kon neem, is by Sherwood Pick n Pay opgerig.
Skenkings is ook van Hi Pro Dog Food en Perry’s Supermark ontvang. ’n Soortgelyke insameling is ook in Springs vir die Springs DBV gehou.
Die voorsitter van die Brakpan DBV, Sanette Bosman, het die skenking verwelkom en die publiek asook die organiseerders bedank.
Lees: Kleintjies skenk kos aan die DBV
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Journalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:![]()
![]()
![]()
![]()
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



