Lekker verrassing op 30ste verjaarsdag
Elize het besluit om sy dag so spesiaal moontlik te maak.
‘n Dertigste verjaarsdag is ‘n besondere geleentheid om te vier, maar wanneer inperking reëls in plek is, is dit so effe moeilik om ‘n ordentlike verjaarsdagpartytjie te hou.
Maar as jy ‘n ma is, maak jy ‘n plan en dit is presies wat Elize Mynhardt Saterdag gedoen het toe haar seun, Jeann, 30 jaar oud geword het.
Jeann het ‘n groot voorliefde vir motorfietse en alhoewel hy nie self een besit nie, is dit tog sy droom om eendag dalk sy eie motorfiets te hê.
Elize het besluit om sy dag so spesiaal moontlik te maak en het met die hulp van Bets Serfontein, wie aan ‘n motorfietsklub behoort, gereël dat hy verras word by hul huis in Brakpan-Noord.

‘n Groep motorfietsryers van regoor Ekurhuleni het Saterdagmiddag al brullend by Jeann se ouerhuis opgedaag tot groot vermaak van dié motorfiets geesdriftige.
Hy is gelukgewens en is selfs op ‘n motorfietsrit geneem.
‘Dit was ‘n aangename verrassing en ‘n baie groot voorreg vir my,’ het Jeann na die tyd gesê.

Meer foto’s:
Ma sorg vir groot opwinding vir seun se 30ste verjaarsdag
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:![]()
![]()
![]()
![]()
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



