Editor's noteLocal newsNews

El-Roy Teater bied inry-kerkdiens vir inwoners

El-Roy Teater het Sondag ‘n ‘inry-kerkdiens’ aangebied.

Pastoor Willie Olwage, leier van El Roi Teater in Dalpark, het met ‘n plan vorendag gekom, om te midde van die inperking ‘n inry-kerkdiens vir inwoners, wat ‘n behoefte daaraan het, aan te bied.

Die diens is Sondagoggend deur mense in sowat 70 voertuie bygewoon, op ‘n perseel in Springsweg.

Die gemeente het met die plan vorendag gekom aangesien dit moeilik is om in ‘n kerk ‘n diens te hou wat slegs deur 50 mense bygewoon kan word en waar daar steeds sosiale distansiëring toegepas moet word.

Ma en dogter, Benice en Kayla Borman wat albei gospel sangers is, is lede van die El Roi Teater-bediening en het tydens die diens gesing.

Die gemeente het ‘n klein FM-sender gebruik sodat mense hul motorradio’s kon instel om na die diens te luister.

Kerkgangers kon ook, deur die oop ruite van hul motors, na die diens luister.

Eerskomende Sondag (21 Junie) sal die inry-kerkdiens weer plaasvind te Springsweg 162, Rand Colleries.

Toestemming om die diens aan te bied is in plek.

Meer foto’s:

Inry-kerkdiens ‘n reuse sukses

Het jy ‘n storie?

Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za

of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za

of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za

Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button