Tweedy Park bejaarde sterf na kort siekte
Hester Botes het geen naasbestaandes gehad nie.
‘n Bejaarde inwoner van die Tweedy Park Woonstelle, wat bekend geword het weens haar gesukkel met ‘n stukkende geiser, is verlede Dinsdag oorlede.
Hester Botes (95), wat die afgelope 10 jaar in die Tweedy Park Woonstelblok gewoon het, het longontsteking opgedoen.
Sy is vir sowat twee weke in ‘n hospitaal behandel en is, nadat sy na ‘n rehabilitasie sentrum oorgeplaas is, oorlede.
Volgens haar vriendin en ook die persoon wat die afgelope twaalf jaar na haar omgesien het, het Hester geen naasbestaandes gehad nie.
Christien Kruger (83) het gesê dat tannie Heser, soos sy alom bekend was, se eggenoot 49 jaar gelede oorlede is en dat sy nooit weer getroud is nie. Hulle het ook nie kinders gehad nie.
Volgens Christien was Hester redelik gesond en het sy elke dag van die week vir haarself ‘n bord kos gekook en ook jellie en vla geëet.
“Sy het ook gereeld gelees en het graag na Pretoria FM of Radio Pretoria, soos sy dit genoem het, geluister,” het Christien vertel.
“Sy het geen nuusbrokkie op daardie radiostasie gemis nie.”
Die Herald het haar in Maart vanjaar besoek, to dit bekend geword het dat sy toé reeds vir vyf maande sonder warm water moes klaarkom aangesien die geiser in haar woonstel onklaar geraak het.
Die woonstelle behoort aan die Stad van Ekurhuleni.
Haar pleidooi het op dowe ore geval en haar geiser is eers onlangs vervang deur weldoeners.
Sy was verheug om weer na maande warm water in haar woonstel te hê.
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms:![]()
![]()
![]()
![]()
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs Advertiser, Boksburg Advertiser, Benoni City Times, African Reporter



