Local newsNews

Inperking op alkohol wurg besighede

Die verbod op die verkoop van alkohol het volgens hom egter ’n verwoestende impak gehad.

Die verbod op die verkoop van alkohol wat verlede jaar van krag was en weer op 28 Desember deur President Cyril Ramaphosa aangekondig is, het ’n verpletterende impak op drankwinkels, restaurante en kroë gehad.

Sedert die verbod in Januarie gelig is, kan eienaars van besighede weer ietwat asem haal, maar die skade is gedoen.

Die verbod op alkohol het inderdaad ’n rippel-effek gelaat, aangesien dit nie net besighede met dranklisensies affekteer het nie.

Talle ander besighede en verskaffers het ook daaronder gely en voel steeds die nagevolge.

LEES OOK:

 Bure kuier naweek in en naweek uit

Die Herald het met ’n paar besigheidsmense van die dorp gaan gesels:

Saartjie Lotter (57), eienaar van Hippo’s, het gesê dat sy in die 26 jaar wat sy in die bedryf is nooit sou kon raai dat sy haar deure sou moes sluit nie.

“My personeel is met geen inkomste en heenkome gelaat en die werkloosheid versekeringsfonds is tot vandag toe nie uitbetaal nie.

“Ek is oopkop ten opsigte van President Ramaphosa se besluite en ek dink werklik hy het ’n goeie werk gedoen. Ek sou dit haat om in sy skoene te moes wees.

“In die tyd van die alkoholverbod het besighede nie net hulle deure gesluit en weggestap nie. Die rekeninge moes aanhou betaal word. Ek moes steeds elke maand water en ligte betaal omrede my yskaste en Wi-Fi moes werk. Ek moes steeds my sekuriteit en my kaartmasjien betaal alhoewel daar geen transaksies was nie,” het Lotter verduidelik.

“Dit is ’n moeilike situasie om in te wees. As ek my deure sluit ly soveel ander mense onder my. Skielik bestel ek nie meer vleis by my verskaffer nie, ek betaal nie meer musikante nie en so gaan die lys aan.”

Thirsty Oke’s se eienaar, Sandesh Naidoo (48), het gesê hy weet nie hoe lank dit hom gaan vat om weer te herstel nie.

Hy het met agt werknermers begin en sit tans met vier.

“Die aandklok is wat my indoen, my besigste ure is tussen 10nm en 4vm,” het Sandesh verduidelik. “Ek voel die regering kon dinge anders hanteer het. Deur ons deure toe te maak, het hy ons heeltemal afgesny.”

Lina Stoltz (41), Thirsty Oke’s se kroegdame, het vertel dat sy geen inkomste gehad het toe die kuierplek se deure gesluit is nie.

“Baie goeie vriende is wat my hierdeur gekry het,” het sy gesê.

Ricardo Achadinha (40) besit Ultra Liquors (voorheen Sherwood Liquors) reeds vir 21 jaar.

Dit was nog nooit van tevore nodig vir hom om sy deure te sluit nie. Die verbod op die verkoop van alkohol het volgens hom egter ’n verwoestende impak gehad.

“My grootste vrees is dat ons weer ons deure gaan moet toe maak,” het Achadinha gesê.

Sy personeel het slegs in die eerste fase van die inperking geld van die werkloosheidversekeringsfonds ontvang.

“Ek moes in Januarie hulle Desember verlofgeld vir hulle uitbetaal. Ek sit met 14 werknemers wat geen inkomste gehad het nie.
“Ek moes ontslae raak van oor die R80 000 se bier na elke inperking weens die feit dat dit verval het. Dit gaan my ten minste twee jaar vat om weer op my voete te kom, hetsy ons nie weer ons deure moet sluit nie,” het hy gesê.

Martin da Silva (50) van Blue Bottle Liquors is ook moedeloos.

“Toe ek die eerste keer hoor ons moet toemaak, was al wat deur my kop gegaan het die groot verlies aan inkomste wat ek gaan ervaar.
“Met die laaste verbod op alkohol het ek besef dat ek gaan werknemers moet afdank,” het Da Silva verduidelik.

Hy besit Blue Bottle al vir 21 jaar.

Da Silva het gesê wat hom tans negatief beïnvloed is die feit dat sy werksure in die helfte gesny is.

“Tans kry ek slegs voete vier dae ’n week vir slegs ’n paar ure.
“My grootste vrees is dat President Cyril Ramaphosa alkoholverkope gaan hou by vier dae ’n week.”

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

 Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms: 

 Follow us:

     

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button