Local newsNews

Bekende taxibestuurder oorlede

Hy was bekend vir sy lojale en vriendelike diens en het deur die jare het ’n magdom lojale kliënte gehad.

Die welbekende inwoner en eienaar van Fritz Taxis in Brakpan, Martin Fritz (68), is Woensdag oorlede.

Martin het die afgelope sowat 25 jaar duisende mense, veral inwoners van die dorp, van een bestemming na ’n ander geneem.

Hy was bekend vir sy lojale en vriendelike diens en het deur die jare het ’n magdom lojale kliënte gehad.

Martin was volgens sy suster, Rita Basson (63), gesteld op sy werk.

LEES OOK:

Rinél Day stel nuwe musiekvideo bekend

“Ek kan onthou dat my broer van kleins af net wou motor ry. Hy het geniet wat hy gedoen het,” het Rita gesê.

Volgens Rita het hy ook ’n hegte band met sy vyf broers en vyf susters, wat hy nalaat, gehad.

“Ons is ’n vreeslike hegte gesin en Martin is die eerste een van ons wat nou nie meer hier is nie,” het Rita gesê.

Martin, wat in Brenthurst gewoon het, was vir 13 jaar getroud met Michelle (55).

Die begrafnis sal Vrydag vanuit die PPK Lighuis Gemeente plaasvind.

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

 Follow us:

    

 For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Springs AdvertiserBoksburg AdvertiserBenoni City TimesAfrican Reporter
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button