Leerders plak onnie aan muur vas
Lionel Ueckerman het op ’n lae bankie teen ’n muur gestaan en is met meters kleefband vasgeplak.
Daar was Vrydag groot pret by Laerskool Môrewag toe ’n onderwyser van die skool met meters en meters kleefband teen ’n muur vasgeplak is.
Die doel van die klewerige affêre was vir die graad sewe leerders om fondse in te samel.
ALSO READ:
Die Laerskool Dalview spog met sy oud-leerders
Lionel Ueckerman het op ’n lae bankie teen ’n muur gestaan en nadat hy deur meters kleefband vasgeplak is, todat net sy kop sigbaar was, is die bankie onder hom uitgetrek en het hy tot groot genot van die kinders teen die muur geplak gebly.
Elke leerder kon ’n meter-lange stuk kleefband koop en het met groot genot hul bok-vir-sports-onderwyser teen die muur vasgeplak.
Have a story?
Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za
Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:
Follow us:
















