Local newsNews

Motorfietsklub skenk fondse aan tehuis

Die hoogtepunt was die oorhandiging van die broodnodige skenking.

Lede van die Ghost Riders Motorfietsklub het Saterdag ‘n skenking van R15 000 gemaak aan die Ebenhaeser Tehuis vir Bejaardes.

Talle van die klub se lede het ook opgedaag om gesellig te verkeer met die bejaarde inwoners.

Die hoogtepunt was egter die oorhandiging van die broodnodige skenking.

Louise Kok, bestuurder van die tehuis, het emosievol gesê dat die skenking met groot waardering ontvang word.

“Ons almal staar maar moeilike tye in die gesig maar ons hier by Ebenhaeser is werklik geseënd danksy mense soos die motorfietsryers,” het Kok gesê.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button