Local newsNews

In die kollig

Leer Brakpan se mense ken.

Shanen de Bruyn is die hoofmeisie van die Hoërskool Stoffberg vir 2022. Haar ouers is Leon en Jane en sy het ‘n suster, Jenny (24). Die gesin woon in Dalview, Brakpan.

Jy is die hoofmeisie van 2022. Wat is die eerste gedagte wat deur jou kop gegaan het toe jou naam uitlees is?
As ek nou terug dink, was dit net ons skoolhoof se stem wat my naam sê wat deur my kop bly gaan het. Ek was dankbaar dat ek uit al die leerders gekies is as hoofdogter vir 2022. Dit was vir my ‘n groot voorreg toe hulle vir my die baadjie aantrek en ek saam met die hoofseun die skoolvlag gehou het.
Wat maak van ‘n mens ‘n goeie leier?
Om ‘n diens te lewer sonder om enige iets terug te verwag. Jy as leier moet altyd bereid wees om te help waar jy kan en leiding neem wanneer dit nodig is. ‘n Leier is iemand wie ander na opkyk en daarna streef om ook ‘n voorbeeld vir ander te wees.
Waarna sien jy die meeste uit?
As ek kon sou ek sê ons DK-kamp, wat reeds verby is. Dit was baie lekker en ek sou ek dit onophoudelik wou verhaal. Ek is is ook opgewonde oor ons eerste skool dag vir 2022 en sien uit na die netjiese drag wat ons gaan dra.
Het jy ‘n rolmodel en waarom die person?
Ek het nie een spesifieke persoon waarna ek opkyk nie. Daar is wel ‘n paar eienskappe van beroemde mense wat my inspireer. Iemand soos Elon Musk se sukses motiveer my om hard te werk om my droom te verwesenlik. ‘n Ander voorbeeld is Kendall Jenner se onafhanklikheid, want vir my is daar niks kragtiger as ‘n onafhanklike vrou nie.
Het jy al besluit wat jy na matriek wil doen?
Ek het aanvanklik gedink dat ek BCom in Londen wil studeer, maar soos tyd aangaan het ander dinge oor my pad gekom wat my plan verander het. Om in Londen te studeer is steeds hoog op my lys, maar die opsie om ‘n oorbruggingsjaar te vat of selfs my eie besigheid oop te maak is nog op my horison.
Wat laat jou glimlag?
Daar is verskeie dinge wat my laat glimlag. Ander mense wat lag, diere, die sterre en beslis om tyd saam met my familie en vriende te spandeer sit baie vining ‘n glimlag op my gesig.
Wat is jou gunsteling kos?
Dit is dalk ongesond maar twee van my gunstelinge is beslis KFC of McDonald’s. Enige wegneemete sal my gelukkig maak.
Wat is jou stokperdjies?
Ek is baie lief vir lees. Ek hou daarvan om in die aande in my bed in te kruip met ‘n goeie boek. Ek het myself gekry waar ek nog twee uur die oggend besig is om te lees. Ek is ook gaande oor modelwerk, dit is al vandat ek klein was ‘n passie van my.
Dink jy jongmense spandeer teveel tyd op hulle fone?
Beslis. Ek het al self in die verlede probeer om myself te beperk met die hoeveelheid tyd wat ek op my selfoon spandeer en dit was baie moeilik. Selfone is gemaak om ons met verskeie dinge te help, maar ons gebruik dit nie vir daardie redes nie. Ons raak eerder verslaaf aan sosiale media.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button