Local newsNews

In die kollig

Leer ons dorp se mense ken.

Niel van der Westhuizen is die hoofseun van Laerskool Brakpan-Oos vir 2022. Sy ouers is Talita en Daniel van der Westhuizen. Hy het ook ’n jonger broer, Ruan.

Hoe ervaar jy die rol as hoofseun tot dusvêr?
Ek is trots op my rol as hoofseun en alhoewel dit lekker is, is dit soms vir my moeilik ook.

Wat sal jou raad wees aan jonger leerders wat daarna streef om leiers te word?
Hulle moet altyd gereed wees om die regte ding te doen.

Het jy al besluit watter beroep jy eendag wil volg?
Nee, nog nie.
Beskryf jouself in drie woorde
Vriendelik, trots en gehoorsaam.

Watter deel van skoolgaan is vir jou die lekkerste?
Die lekkerste deel vir my is beslis pouse en wanneer ek nuwe dinge kan leer wat my gaan help met my toekoms.

Hoe voel jy oor boeliery in enige skool?
Ek hou nie daarvan wanneer iemand geboelie word nie en dit moet in alle skole gestop word.

Wat maak jou bang?
Wanneer ek onseker is oor dinge.

As jy vir een dag die hoof van die skool kon wees, wat sou jy doen?
Ek sou vir al die leerders sê dat hulle gewone klere mag aantrek.

Waar is jou gunsteling vakansiebestemming en hoekom?
Durban is my gunsteling, want ek geniet die see regtig baie. Ek hou daarvan om op die strand te wees.

Sou jy jouself as ’n goeie mens beskou en hoekom?
Ja, want ek sê nooit iemand sleg nie en ek hou daarvan om mense te help.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button