Local newsNews

Kunswedstryd vind nie vanjaar plaas nie

Daar is wel verskeie privaat platforms waar kinders steeds aan kunswedstryde kan deelneem.

Die Brakpan Kunswedstryd sal vanjaar vir die tweede jaar in ’n ry nie plaasvind nie.

Die kunswedstryd vind elke twee jaar plaas, dus was 2021 die kunswedstrydjaar, maar weens Covid-19 regulasies en die uitdagings wat daarmee gepaard gaan, was dit uitgestel na 2022.

Die bestuur van die kunswedstryd het bevestig dat vanjaar se kunswedstryd weer nie sal plaasvind nie, omdat die pandemie nie onder beheer is nie.

“Kunswedstryde tydens ’n pandemie vereis ’n hoë mate van aanpasbaarheid,” het die bestuur aan die Herald gesê.

“Dit is in hierdie stadium nie moontlik vir Brakpan Kunswedstryd om na aanlyn deelname oor te skakel nie en dit het verskeie tegnologiese asook finansiële uitdagings vir die deelnemers.”

Daar is wel verskeie privaat platforms waar kinders steeds aan kunswedstryde kan deelneem.

“Dit is ’n teleurstelling dat dit nie vanjaar gaan plaasvind nie, maar ons weet dat wanneer omstandighede dit toelaat, ons ’n kunswedstryd van topgehalte sal aanbied.”

Die bestuur beplan om in die vierde kwartaal met die verteenwoordigers van deelnemende skole te vergader en die stand van die pandemie asook die aspekte rondom ’n toekomstige aanbieding te bespreek.



ALSO READ: 

Shoprite Group offers bursaries

ALSO READ: 

Ekurhuleni mayor welcomes emergency services’ response to floods in City

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button