’n Brenthurst inwoner is besig om naam te maak op ’n baie jong ouderdom.
Agt-jarige Janko van der Linden het ’n liefde vir die vermaaklikheidsbedryf ontdek en skroom nie om sy drome na te streef nie.
Die bondel energie het aanvanklik sy kans gewaag met redenaars en wou kyk of hy daarvan hou, net om te besef dat hy dol daaroor is om mense te vermaak.
“Die vermaaklikheidswêreld is nie in ons familie nie. Ek weet nie waar hy sy liefde vir dit vandaan kry nie,” het sy ma, Karen, gesê.
LEES OOK: Duo sentenced to eight years behind bars
Janko is deel van die Wysneusies-groep wat uitgenooi word om deel van musiekopnames te wees wat op televisie uitgesaai word.
Hy was al deel van Buster die Brak asook Willie en die Wenspan se video opnames.
Hy het ook onlangs ingeskryf om deel van Jak de Priester se video-opname te wees, wat by die Wysneusie-atlejee plaas sal vind.
Omdat Janko deel is van dié groep, stel dit hom bloot aan televisie en hy word uitgenooi om te sien te wees in kortverhale wat op kykNET & kie uitgesaai word.
LEES OOK: Crime stats: truck hijackings continue to plague Brakpan
Hy het ook al ’n verhoog met beroemdes soos Izak Davel en die kinderkarakters Tjiff en Tjaff gedeel.
Janko is ’n graad twee leerder aan Laerskool Brakpan-Oos en neem deel aan verskeie sportsoorte, soos rugby, krieket en atletiek, en wil graag leer om te boks.
Nie net is Janko sportief nie, maar hy blink ook uit in akademie en neem deel aan kunswedstryd. Sy groot droom is om eendag deel van die SABC sepie 7de Laan te wees en in films te speel.
“Ek hou baie daarvan om op te tree en sal nooit nee sê vir enige optrede nie,” het Janko gesê.



