Local newsNews

Inwoner spog met haar tuin in die lug

Woonstelblok beperk nie Cecilia se groenvingers nie.

Die Cecilia Lewis (62) spog graag met haar tuin in die lug nou dat sy nie meer toegang tot ’n grasperk of groot tuin het nie.

Agt jaar gelede moes die gesin na ’n woonstelblok in Brakpan-sentraal verhuis, wat Cecilia se groenvingers beperk het.

Die woonstel keer haar egter nie om haar liefde vir tuinmaak voort te sit nie. Sy het sedertdien verskeie potplante aangeskaf en aan haar tuin begin werk.

Daar is ’n verskeidenheid blomme in haar tuin, enigiets van vetplante tot varkore. Die tuin bevat selfs vrugte en groente wat sy aanplant.

“My ma sal aanhou werk met ’n plant totdat dit begin groei. Sy gee nie sommer op nie,” het haar dogter, Marie Lewis, gesê.

Cecilia werk daagliks in haar tuin en beweer dat dit harde werk verg om dit so mooi te vertoon.

“My tuin is die eerste ding wat mense sien wanneer hulle by ons woonstelblok inkom,” het Cecilia gesê.

Sy het haar liefde vir tuinmaak op ’n jong ouderdom ontdek en toe ook vir Marie geleer van tuinmaak.

Dié ma en dogter werk hard om hulle tuin in stand te hou. Die tuin bevat selfs hul eie stukkie grasperk wat in ’n pot geplant is.

Daar word daagliks in die tuin gewerk om dit in stand te hou.

“Ek hou baie van die reuk van gras wanneer dit gesny word, nou sny ek maar my eie gras met ’n skêr,” het Cecilia aan die Herald vertel.

Cecilia en Marie is dit eens dat dit bevredigend is om daagliks in ’n mooi tuin te kan sit.

“Ons tuin kleur ons wêreld in en laat mens vergeet van die lelik daarbuite.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button