Local newsNews

Brakpan vroue deel van SterStatus

SterStatus se finale episode sal later vanjaar plaasvind.

Drie gebore Brakpan vroue is vanjaar deel van die SterStatus televisie program wat op VIA uitgesaai word. SterStatus is ‘n kompetisie waar jong vroue in die vermaaklikheidsbedryf bemagtig word.

Dit word beskryf as meer as net ‘n skoonheidskompetisie. Dit help vroue om vaardighede op te bou om hulle in die vermaaklikheidsbedryf te vestig.

Lynnette Vandermaelen is ‘n 32-jarige eiendomsagent. Sy het in 2008 aan Hoërskool Die Anker matrikuleer en woon tans in Sunair Park.

“Ek wil graag jong mense oplei in die eiendomsbedryf en beoog om ‘n platform te skep vir mense om opleiding te ontvang.” het sy gesê.

Lynette beskryf die hoeveelheid kameras wat gebruik word in die opnames as ‘n groot uitdaging.

“Ek is nie gewoond om voor kameras te wees nie. Niemand besef hoeveel harde werk met uitputtende warm dae en ongelooflike koue oggende in dié reeks ingaan nie.”

Sy beweer dat sy verdien om die wenner te wees omdat sy outentiek, eerlik en opreg is.

“Ek maak my hart oop vir my mede mens en sal altyd prober help waar ek kan.”

Haar mededinger Bianca van der Berg (34) woon in Brakpan-sentraal. Sy is ‘n senior aankoper en het in 2005 aan HTS Brakpan matrikuleer.

“Ek het ingeskryf omdat ek lus is vir ‘n verandering in my lewe en omdat ek nuwe uitdagings wil aanpak.”

Bianca beweer dat sy as mens wil te groei tydens die program en ondervinding wil ophou in die bedryf.

“Dit is uitdagend om tussen kameras te beweeg en elke keer gereed te wees vir ‘n onvoorbereide onderhoud. Maar dit word elke keer makliker.


LEES OOK: CoE finance offices moved to Germiston CBD


“Om te wen sal ‘n absolute bonus wees en ek is seker dit sal baie deure vir my oopmaak in die toekoms,” het sy gesê.

Die derde mededinger Eloise van der Berg (29) werk tans in die dienste departement. Sy kom aanvanklik van Brakpan-sentraal af maar woon tans in Benoni. Sy het in 2010 aan Hoërskool Die Anker matrikuleer.

Eloise beweer dat sy gereed was vir ‘n nuwe uitdaging en daarom het sy besluit om in te skryf vir SterStatus.

“Ek het myself belowe om elke jaar ten minste een uitdaging aan te pak wat buite my gemaksone is en wat my gaan help om te groei.”

Eloise beskryf die proses as uitdagend maar lekker en dat sy elke oomblik daarvan geniet.

“Ek voel bemagtig en ek ontdek soveel nuwe eienskappe van myself wat ek nie eers geweet het ek het nie,” het sy gesê.

Volgens Elouise gaan die program oor meer as net om ‘n titel te wen maar ook vir elke vrou om haarself beter te leer ken en in haarself te groei.

“Om te wen sal ‘n groot eer en bonus wees en dit sal soveel geleenthede vir enige person skep. Elke vrou wat deel is van die program is klaar ‘n wenner, almal van ons het die eerste stap gevat en ingeskryf,” het Eloise gesê.

Daar is tans ongeveer 72 deelnemers aan die program en die finale episode sal later vanjaar plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button