Vakansiepret vir jong kinders
Kinders van vyf jaar tot graad sewe kan by die program inskakel.
Die Oktober skoolvakansie is om die draai en daar is ’n oplossing vir ouers wat nie weet wat om met hul kinders te doen nie.
‘n Droom Vakansie Bybelskool word vanaf 3 tot 7 Oktober in die onthaallokaal van die Laerskool Dalview aangebied.
Die kinders sal elke dag kan speel, sing en hand aktiwiteite doen saam met die karakter Sannie Vakie.
Kinders van vyf jaar tot Graad Sewe kan by die program inskakel.
Hulle sal in groepe opgedeel word en onder andere die geleentheid kry om hulle groepstasies te versier en aan kompetisies deel te neem.
Ligte verversings en drinkgoed sal ook verskaf word en na afloop van die week sal alke kind ‘n sertifikaat ontvang wat sal aandui dat hy of sy deel van die Bybelskool was.
Kinders sal om 09:00 kan opdaag en weer om 13:00 huis toe gaan.
Ouers wat hul kinders wil inskryf of meer inligting verlang kan vir ds Loedolff van der Merwe by 079 866 2455 kontak.
LEES OOK: 10 things that leave you vulnerable to crime



