Local newsNews

Hitte stuit nie inwoners se skoonmaak projek nie

Onwettige storting wat ook gereeld daar plaasvind het bygedra tot die seeroog.

‘n Groep inwoners van Anzac het Saterdagoggend die versengende hitte getrotseer en moue opgerol om die area rondom die substasie, op die hoek van Greylaan en Stasieweg, skoon te maak.

Die area was besaai met rommel en lang gras en ander gemors wat gesorg het dat dit baie sleg daarna uitsien.
Onwettige storting wat ook gereeld daar plaasvind het bygedra tot die seeroog.

Die inwoners het welkome hulp ontvang van Rdl Riaan van Zyl (FF Plus) asook Rdl Brandon Pretorius, wat wyksraadslid vir Wyk 97 is.

Een van die organiseerders het almal bedank wat hand bygesit het.

“Mense het hul tyd opgeoffer maar ook sleepwaens, randsnyers, onkruiddoder en ander gereedskap beskikbaar gestel om van die projek ‘n sukses te maak,” het die organiseerder gesê.


ALSO READ: Composting project gets underway at Jan Smuts Dam


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button