Boom val om, beskadig grafte
Baie inwoners van die dorp is hartseer oor die agteruitgang van die begraafplaas.
‘n Massiewe boom het Donderdag in die Brakpan begraafplaas omgeval en verskeie grafte beskadig.
Brenthurst inwoner, Pieter van der Merwe (73) wat die begraafplaas gereeld patrolleer het die ontdekking gemaak.
Dit blyk dat die boom se binnekant uitgebrand is, vermoedelik deur haweloses wat in die holte van die boom vuur gemaak het.
Dit het waarskynlik daartoe bygedra dat die boom, wat talle meters hoog staan, omgeval het.
: Learners discover more about rescued exotic animals
Die Herald het in die uitgawe van 10 Maart berig oor die swak toestand van die begraafplaas nadat lesers hul lot bekla het.
Lang gras en bosse maak die begraafplaas onveilig en ontoegangbaar vir die publiek.
Alhoewel daar intussen ‘n poging aangewend is om ‘n gedeelte van die begraafplaas se gras te sny, bly dit steeds ‘n seer oog met die boom wat omgeval het, wat nou bydra tot die swak toestand daarvan.
Die Stad van Ekurhuleni is genader vir kommentaar oor die verwydering van die boom, maar het teen druktyd nog nie kommentaar gelewer nie.




