Ouderdom is net ‘n getal, leer VLU
Die dames het weer opnuut geleer om na hulself om te sien van 'n skoonheidsdeskundige gas spreker.
Die Brakpan-tak van die Vroue Landbou-Unie (VLU) het Dinsdag hul maandelikse vergadering geniet by die Just Wheels Motorklub.
Die vroue het almal poppies en beertjies gehekel of gebrei vir liefdadigheid, wat hulle by die vergadering ingedien het.
Die geleentheid is opgekikker met gasspreker Marialda Pieterse, wat gepraat het oor skoonheid asook ouderdom en styl.
“Hou op om plooie en kilogramme te tel,” het sy gesê.
“’n Hoër syfer (ouderdom) beteken nie dat jy oor die muur is nie.”
Sy het die vroue aangemoedig om steeds na hulself om te sien, en die lewe voluit te leef.
“Beoefen ‘n stokperdjie wat jou weer laat voel soos jy gevoel het voor jy ‘n vrou vir jou man of ma vir jou kinders was,” het sy gesê.
Mode en grimering was ook bespreek, en Marialda het aangeraai dat ‘n persoon se bui nie die uitrusting wat jy dra moet bepaal nie.
: Inwoner skenk merkwaardige 300 eenhede bloed
“Laat jou uitrusting jou bui bepaal,” was haar raad.
Ronel Lombaard, die streeksvoorsitter vir die VLU, Goudrifstreek het ook die vergadering bygewoon.
Die lede se artikels vir die maand is beoordeel, en die almal heerlike vingerhappies saam met hul tee of koffie geëet.




