Local newsNews

Jong model dra kroon van meer as 1 000 titels

Deelnemers van regoor Suid-Afrika asook Namibië was op die loopplank te sien.

‘n Droom het verlede naweek waar geword vir ‘n model van Dalpark toe sy ‘n titel, waarvoor sy al lank gemik het, agter haar naam kon voeg.

Nie asof dit vreemd is vir Natalie Krause (16) nie.

Dié blondekop het op vyfjarige ouderdom modelwerk begin doen en het reeds meer as 1 000 titels agter haar naam, volgens haar ma en grootse ondersteuner, Mariette.

Natalie het die naweek van 5 tot 7 Oktober aan die Toddler and Tween of The World 2023 kompetisie op Klerksdorp deelgeneem. Deelnemers van regoor Suid-Afrika asook Namibië was op die loopplank te sien.

Na ‘n naweek van beoordeling het sy weggestap met die titel van high title overall supreme, nadat sy die hoogste puntetelling behaal het uit al die deelnemers. Sy is ook aangewys as die senior top model.


LEES OOK: Clegg joins locals and Hospice to celebrate life


Die kompetisie het bestaan uit ‘casual ramp’, ‘evening ramp’ asook onderhoude met die beoordelaars. Die finaliste moes ook deur die jaar liefdadigheidswerk doen en het ‘n portefeulje ingehandig vir beoordeling.

Natalie se rok is met die hand gemaak en baie ure is spandeer om die duisende blink steentjies en pêrels op die rok aan te bring.

Die loopplank is vir Natalie soos ‘n tweede huis en sy het vanjaar elke kompetisie waaraan sy deelgeneem het, gewen.

Die Toddler and Tween of The World titel het vir haar prysgeld van R20 000 in die sak gebring.

“Dit was vir baie jare my grootste droom om dié titel te wen,” het Natalie vertel.

“Ek wou net op daardie kroningsstoel sit en wag dat die konfetti oor my val. Aanhouer wen en in 11 jaar ek nie een dag opgegee nie.

“Ek het in 2019 wel in my kategorie gewen maar ek wou nog altyd die ‘high’ titel by my lysie voeg. Dit was beslis die beste dag van my lewe toe ek my naam hoor.

“Die harde werk en lang ure se oefening was die moeite werd,” het Natalie wat ‘n leerder aan die Hoërskool Anker is gesê.

Natalie word afgerig deur haar pa Deon wat die eienaar is van SA All Star Model Academy. Hy doen ook bykomende afrigting vir die onderhoude wat by die kompetisies met die deelnemers gevoer word.

Natalie is ook die huidige Miss Springs, Miss Queen of the World, Miss Edenvale en neem die op 21 Oktober deel aan Miss Northern Gauteng en Miss Queen of South Africa.

“Daar is baie mense wat my ondersteun, asook my skool en ek is baie dankbaar daarvoor,” het Natalie gesê.




Follow Us: Facebook: Twitter: Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button