Local newsNews

Egpaar helder oordag beroof

Die drie booswigte het daarna in ‘n silwer Jetta, wat op die toneel stilgehou het, gespring.

‘n Egpaar is Sondagmiddag in Hoylaan oorrompel en van persoonlike besitting beroof.

Volgens inligting van die SAPD was die man en vrou ongeveer 16:00 te voet in Prince Georgelaan.

Toe hulle naby Hoylaan kom is hulle deur drie mans, waarvan een gewapen is, voorgekeer.

Hulle is met die vuurwapen gedreig en beveel om nie te beweeg nie.

Die rowers het die man deursoek en twee selfone afgeneem asook ‘n paar wit tekkies.

Die drie booswigte het daarna in ‘n silwer Jetta, wat op die toneel stilgehou het, gespring waarna die voertuig weggejaag het.

Niemand is beseer nie en die voorval word deur die Brakpan SAPD ondersoek.

Related Articles

 
Back to top button