Die eerste skoolkwartaal van 2024 het vandag (Woensdag) 'n aanvang geneem. Duisende leerders het teruggekeer na die dorp se hoër- en laerskole. Vir sommige was dit die begin van 12 jaar agter die skoolbanke.
Ashley Brown wat by Laerskool Die Arend ingeskryf is, is reg vir die nuwe uitdaging.
Die eerste skoolkwartaal van 2024 het vandag (Woensdag) ‘n aanvang geneem. Duisende leerders het teruggekeer na die dorp se hoër- en laerskole. Vir sommige was dit die begin van 12 jaar agter die skoolbanke.
Ricardo Human, wat nou 'n Arie is, sien veral uit daarna om rugby en krieket te speel.
Riaan Engelbrecht het by die Laerskool Brakpan-Oos aangemeld.
Bianette van Reenen is by die Laerskool Brakpan-Oos ingeskryf.
Kayla Kleynhans was opgewonde om haar eerste skooldag aan die Laerskool Brakpan-Oos te begin.
Sonneveld Akademie se Graad Een leerders is deur Jane Weber ontvang.
Sonneveld Akademie het hul ook hul nuwe Graad Agt leerders verwelkom.
Hierdie vier graad eentjies is by die Laerskool Môrewag ingeskryf. Hulle is Brie Thompson (links) en Mieke Andrews asook Siya Nene (bo) en Lincoln Blom.
Annemie de Bruyn met haar nuwe Graad Een leerders, wat by die Laerskool Dalview aangemeld het vir hul eerste dag van skool.
Lilené Grobbelaar met haar nuwe Graad Een leerders, in die Laerskool Dalview se Mickey en Mini Muis klas.
Ashley Brown wat by Laerskool Die Arend ingeskryf is, is reg vir die nuwe uitdaging.
Blake Smal is baie opgewonde oor sy Champ beertjie, 'n gebedsmaatjie wat elke Graad Een leerder by Dalview ontvang het.
Clariché Welgemoed en Zenay Louw is reg vir Graad Een by Laerskool Dalview.
Nova Louw van die Laerskool Dalview met haar mooi haarstrikke was slaggereed vir die eerste dag van skool.
Lienkie van der Merwe het reeds begin prentjies teken op haar eerste dag by Laerskool Die Arend.
Amoré Botha van Laerskool Die Arend het rustig in haar nuwe klaskamer gewag vir die dag se aktiwiteite om 'n aanvang te neem.
Wouter Oosthuizen van Die Arend glimlag breed vir die kamera.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!