VLU-lede sit nie hande gevou nie
Die gehekelde speelgoed gaan in blikkies aan minderbevoorregte kinders geskenk word.

Die Brakpan-tak van die VLU het Dinsdag hul maandelikse vergadering by die Just Wheels Klub gehou waar die lede onder andere geleer het hoe om gehekelde amigurumi speelgoed te maak.
Na afloop van die vergadering het Elsabe Grobler items uitgedeel vir die voltooiing van die amigurumi poppies wat in die “I can” blikkies gaan wees.
Die blikkies, omhul met ‘n etiket met ‘n motiverende boodskap en die amigurumi poppie binne in, gaan aan minderbevoorregte kinders uitgedeel word.
Dit is ‘n streek-projek onder die VLU takke in die Goudrif streek.
Lede van dié tak gaan weer op 24 Maart pannekoek bak by Just Wheels se maandelikse opedag vir fondsinsameling,
Die tak is ook betrokke by die NG Kerk, Dalpark Kaleo se opvoering deur Nataniël.
Die opvoering vind op 14 September om 15:00 plaas. Kaartjies kan by die kerk gekoop word.
LEES OOK: Take a pledge to change lives at Vita Nova
LEES OOK: Ponte Challenge is no challenge for local