Local newsNews

Kleintjies stem fluks vir lekkergoed

Die prettige aktiwiteit was ook opvoedkundig van aard.

Terwyl miljoene Suid-Afrikaners Woensdag hul kruise getrek het in die nasionale verkiesing was dit ook by die Little Nemo’s Kleuterskool ’n miernes van bedrywighede.

Die kleintjies van die skool het die dag voor die verkiesing ook die geleentheid gehad om hul stemme uit te bring.

Hulle stembriewe was egter veel minder gekompliseerd en die kinders kon stem of hulle Vrydag pannekoek, oliebolle (doughnuts) of kolwyntjies by die skool wou geniet.

Die kinders se ouers het fluks saamgewerk en gehelp om die kleintjies se name op die stembriewe aan te bring.

Daarna het die kinders met ’n duimafdruk hul stem aangedui.

“Dit was groot pret maar die doel was ook om ons kinders bewus maak van die verkiesing wat Woensdag in die land plaasgevind het,” het ’n woordvoerder van die skool gesê.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button