Geen moeite is ontsien en kleurvolle uitrustings het bygedra tot ‘n spoggerige revue. Armand van Wyk, Zanell Smuts, Damien Roos en Luschka Barnard het hulself gate uit geniet.
Leerders van die Laerskool Brakpan-Oos het verlede week aan die skool se jaarlikse revue, Kapperjolle deelgeneem.
Ouers en besoekers kon terugsit en ’n topklas revue geniet, waaraan ’n groot groep leerders van die skool met oorgawe deelgeneem het.
Kevin Oelofse laat waai op die verhoog.
Zanell Smuts en Ricardo Smith was twee jonger leerders wat ook deelgeneem het.
Angelie Becker, Kaylie du Bruyn en Wilandi du Plessis.
Donna-lee Steenkamp en Kaylie de Bruyn het hul deelname aan vanjaar se Kapperjolle geniet.
Jadi Mayekiso en Wian Benade in aksie op die verhoog.
Die skool se revue, wat elke jaar Kapperjolle heet, was vanjaar weer 'n groot sukses.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!