Brakpan eerstes speel sonder sleutel spelers teen Sibanye Stillwater
Die aanhoudende reën het veroorsaak dat die wedstryd tot hierdie Saterdag uitgestel is.
Brakpan Rugbyklub se eerste span sal Saterdag (môre) die span van Sibanye Stillwater sonder drie sleutelspelers moet aanpak, in die klub se tweede Castle Super Liga kragmeting.
Dié verwikkeling het ontstaan weens die feit dat die wedstryd, wat verlede Saterdag moes plaasvind, as gevolg van die reën en nat velde uitgestel is.
Brakpan sal na Rustenburg reis vir die liga wedstryde.
“Al die spelers was beskikbaar vir verlede naweek se wedstryd maar Saterdag gaan ons sonder ons kaptein, Ruben Beytell asook Louis de Bruin (9) en Keagan Balfour (11) moet klaarkom,” het die voorsitter van die klub, Frikkie Bosman gesê.
“Dit gaan beslis ’n impak op ons agterlyn hê maar terselfdertyd gaan dit ons diepte toets en vir ander spelers geleentheid gee om te speel. Daar lê nog ’n lang seisoen voor en ons sal aanpas soos dit nodig is,” het Bosman bygevoeg.
Brakpan se o21 span skop om 14:20 af teen Sibanye se o20 span, gevolg deur die tweede span wat om 15:30 op die veld sal draf en die eerste span se kragmeting begin om 17:00.
LEES OOK: Ankers sê hul sê by interne redenaars
LEES OOK: New deputy principal ready to make a lasting difference



