Local newsNews

Helpende Hand voorsitter het ‘n hart vir die gemeenskap

Liefdadigheidswerk is haar passie, maar dis nie Charmaine se enigste fokus in die lewe nie.

Charmaine van den Heever (59) van Brenthurst is vir die afgelope twee jaar betrokke by Solidariteit Helpende Hand se Brakpan-tak.

Sy woon sedert 2021 in Brakpan, en die gemeenskap het vinnig in haar hart gekruip.

In haar vrye tyd word sy dikwels gesien by skole, ouetehuise en die San Michele-tehuis vir gestremde volwassenes, waar sy gereeld donasies aflaai van kos, klere of lekkernye.

Sy werkskaf onder die vaandel van Helpende Hand. Sy sal egter gereeld buite die omvang van haar verantwoordelikhede tree om te help, selfs waar Helpende Hand nie betrokke is nie.

Buiten haar liefdadigheidswerk is sy ook baie trots op haar twee dogters, Joha-Maine Andrianatos (35), wat ‘n forensiese ondersoekbeampte is, met haar eie besigheid as ‘n konsultant.

Joha-Nel van Zyl (33) het ‘n BA-graad en is ‘n besigheidsbestuurder. Albei susters is tans besig om hul MBA te kry in hul onderskeie velde.



LEES OOK: Expert says we must let these little helpers ‘bee’

 LEES OOK: The secret ingredient for successful online homeschooling

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button