Local newsNews
Kinderhuis benodig dringend winter klere
Mother's Nest bestaan al vir meer as 30 jaar en sien om na kinders van alle ouderdomme.

Mother’s Nest in Brenthurst, ’n veilige plek vir kinders, het ’n dringende tekort aan wintersklere vir die kinders wat permanent daar gehuisves word.
Die huis, geleë in Pienaarstraat 19, sorg al vir meer as 30 jaar vir kinders. Hulle huisves tans 22 kinders tussen die ouderdomme van vier en 18 jaar.
Hulle benodig dringend wintersklere vir meisies tussen die ouderdomme van 4 tot 18 jaar en vir seuns tussen die ouderdomme van 10 tot 18 jaar.
Skenkings kan by die huis afgelaai word, maar die bestuur is ook bereid om dit te gaan oplaai.
Om reëlings te tref, kontak Bonita Roast by 011 817 2668.
Lees ook: Help fight hunger by supporting Rata food drive
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.