Local newsLocal sportNews
Brakpan boksers verteenwoordig Ekurhuleni by Gauteng kampioenskappe
Drie boksers, een afrigter en een span bestuurder kom uit die plaaslike klub uit.
Drie boksers, ’n afrigter en ’n spanbestuurder van die Brakpan Boksklub gaan van 18 tot 20 Julie in Pretoria die streek by die Gauteng Kampioenskappe verteenwoordig.
Jaco Visagie, een van die klub se afrigters en bestuurders, sal as spanbestuurder vir Ekurhuleni se kadet- en juniorspanne dien, terwyl Jackie Fourie, ook ’n afrigter by die klub, die afrigtersrol sal vervul.
Die drie boksers wat hul klub se naam hoog dra, is Donewin Martens en JP Visagie vir die juniorspan, en Talitha Roos vir die kadetspan.
Die kampioenskappe word by die Transnet Engineering Boksklub in Pretoria aangebied.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



