Brakpan dwing hul stempel af op Springs in suksesvolle rugbydag
Die pawiljoene was volgepak met ondersteuners van beide spanne.
Brakpan het Saterdag in ‘n volgepakte Bosman Stadion vir Springs aangevat in ‘n Valke Peregrine Liga kragmeting en al drie wedstryde gewen.
Die positiewe telbord was die kersie op die koek vir ‘n baie suksesvolle dag tussen twee spanne wat al vir jare lank teen mekaar wedywer.
‘n Goed georganiseerde dag met skole ruby, vertonings, kompetisies en die teenwoordigheid van oud-spelers en voorsitters van die klub was weereens ‘n bewys dat rugby in Brakpan vooruit beweeg teen ‘n enorme spoed.
Die eerste span het in ‘n harde wedstryd, waar Springs nie vir een oomblik gaan lê het, gewen met 35-29. Brakpan se tweede span het ook te make gemaak met ‘n goed voorbereide span van Springs maar kon die knoop deurhaak met ‘n wen van 28-24.
Springs se o-21’s was nie opgewasse teen hul opponent nie en Brakpan het gemaklik met 87-0 gewen.
“Dit was ‘n goeie dag vir rugby en die bestuur van die Springs Rugbyklub wil Brakpan Rugbyklub bedank vir ‘n groot dag van rugby.
“Die moeite wat die klub doen word raakgesien deur die spelers asook die toeskouers,” het die voorsitter van die Springs Rugbyklub, Paul Charlton gesê.






