Local newsNews

Laaste groet aan klein Warnu: Begrafnisdiens Dinsdag in Springs

Rooi en blou, Warnu se gunstelingkleure, sal die tema van die diens wees

Die begrafnisdiens van vierjarige Warnu Meyer sal op 8 Julie, om 11:00 by die AGS Lofoord Kerk in Stubenvale, Springs plaasvind.

Warnu is tragies oorlede toe ‘n brand verlede Sondag in sy ouerhuis in Queenlaan uitgebreek het. Hy het saam met sy jonger boetie, Caleb (2), in ’n kamer geslaap toe die brand ontstaan het.

Sy ouers, Armand Meyer (23) en Makayla Strauss (22), het daarin geslaag om saam met Caleb uit die brandende huis te ontsnap, maar kon ongelukkig nie Warnu red nie.

Die tema van die diens sal rooi en blou wees – Warnu se gunstelingkleure. ‘n Spesiale houer sal beskikbaar wees waarin begrafnisgangers boodskappe van bemoediging aan die ouers kan plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button