Local newsNews

‘n Smullekker melktertresep vir die feestyd

Maak jou feesseisoen spesiaal met ’n melktert wat net so lekker lyk soos dit smaak.

Teaser:

Is jy gekies om vanjaar ‘n nagereg te neem na ‘n byeenkoms van vriende of familie?
Vergeet van die gewone trifle en maak plek vir ’n regte feesnagereg.Hierdie melktert is perfek vir die seisoen en sal jou gaste se hartsnare tref en jou kookkuns wys.

Jy het die volgende bestandele nodig:
Kors:
• 125g botter
• 2 eetlepels olie
• 2 eetlepels suiker
Roer saam tot roomerig en voeg een eier by
Sif saam:
• 2 koppies meel
• 2 teelepels bakpoeier
• ‘n Knippie sout
Meng alles goed deur, rol die deeg uit (dit is genoeg vir twee terte)
Vulsel:
• 6 koppies melk
• 1 1/2 koppie meel
• 1 koppie suiker
• 4 eiers
• 115g botter
• Vanilla
Kook 4 koppies melk en botter. Meng suiker, meel en 2 koppies melk tot roomerig. Roer in kookmelk in en aanhoudend tot dik. Haal van die stoof af. Voeg goed geklitste eiers en vanilla by.
Bak teen 200C tot ligbruin. Strooi pypkaneel en suiker bo-oor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button