Local news

Laerskool Dalview ondersteun polisielid se winterprojek vir haweloses

Die polisieman het komberse begin insamel, met 'n groot skenking van Laerskool Dalview af, toe hy iemand op straat sien slaap sonder enige beskerming teen die koue.

Die Laerskool Dalview het onlangs komberse aan adjudant-offisier Jacques Reynders, Brakpan SAPD se aangewese vuurwapenbeampte, geskenk ter ondersteuning van sy winterprojek om haweloses in die dorp van die koue te help beskerm.

Die projek het ontstaan nadat Reynders een koue oggend by ‘n restaurant vir ‘n koppie koffie gestop het en ‘n persoon oorkant die pad op die sypaadjie sien slaap het, sonder ‘n kombers, karton of behoorlike warm klere om die koue af te weer.

“Ek het gevoel dis nie reg nie. Hier koop ek ‘n warm koffie, maar wat van mense wat niks het nie?

“Dit maak nie saak wat jy doen in die lewe nie, niemand verdien dit nie,” het hy gesê.


LEES OOK: Woodworkers celebrate over two decades of creating together


Hy ry sommige aande deur die dorp en deel komberse uit waar hy sien daar is nood, en as polisieman is hy goed bewus van waar haweloses gewoonlik slaap in die dorp.

“Toe ek daardie koue oggend die persoon op die sypaadjie gesien slaap het, het ek nie eers opgelet watter ras, geslag of ouderdom hulle was nie,

“Dit maak nie saak wie jy is nie, om in sulke toestande te leef is baie erg,” vertel hy.

Hy sê dat hy aanvanklik by die polisiediens aangesluit het om sy gemeenskap te help, en nou probeer hy dit sover moontlik op die regte manier doen.

“Partykeer as jy net help met ‘n kombers of warm klere maak dit die wêreld se verskil,” sluit hy mee af.


LEES OOK: Brakpan SAPS recognises fathers’ sacrifices and contributions at special celebration

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button