Local news
4 Boksers, 2 afrigters haal Gauteng boksspan
Die span gaan aan die volgende SANABO nasionale kampioenskappe deelneem.
Boksers en afrigters van Brakpan Boksklub is gekies om as deel van die Gauteng-span aan die South African National Amateur Boxing Organisation (SANABO) se Kadet- en Junior-Nasionale Kampioenskappe later vanjaar deel te neem.
Afrigter Steven Labuschagne sal die Gauteng-span afrig, terwyl Jaco Visagie as spanbestuurder sal optree.
Die boksers wat aan die kampioenskappe gaan deelneem, is JP Visagie, Braam Labuschagne, Talitha Roos en Dejandré Labuschagne.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



