BlogsEditor's choiceOpinion

In die kollig

Leer Pon Coetzer ken.

Pon Coetzer (91) sorg die afgelope 10 jaar reeds dat die die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) en Hospice gereelde skenkings kry, danksy die liefdadigheidswinkel wat sy by die Eric Holdtman Dienssentrum bestuur.

• Hoe werk die fondsinsamelings projek wat jy bestuur?

By die dienssentrum het ons ‘n kantoor/winkel waar die publiek tweedehandse klere (wat in ‘n goeie toestand is) asook enige ander naaldwerkitems kan skenk. Ons gaan die goedere na en verkoop dit dan aan die inwoners van die Tweedy Park kompleks, maar ook aan die publiek. Die fondse word maandeliks aan KANSA en Hospice geskenk.

• Jy is 91 jaar oud. Waar kry jy die motivering en energie om elke dag die taak aan te pak?

As ‘n mens gaan stil sit wanneer jy ouer word, dan soek jy vir groot moeilikheid. Dit is belangrik om besig te bly en ‘n stokperdjie of belangstelling in iets te hê.

• Hoe laat staan jy soggens op?

Tyd vir laatslaap is daar nie in my lewe nie. Die laatste wat ek sal opstaan is 4.30vm. Dan begin my dag.

• Jy kan altyd deur ‘n ring getrek word, is dit vir jou belangrik?

Ja dit is. ‘n Mens, en veral ‘n vrou, moet mooi na haarself en haar gesondheid kyk. Ek hou daarvan om mooi aan te trek. Ek het nie tyd vir slordigheid nie

• Watter tipe mense moet liewer uit jou pad bly?

Ek kan nie ongeduldige mense verdra nie. Hoflikheid kos niks nie. Dan het ek natuurlik ook ‘n groot probleem met lui mense.

• Wat maak jou gelukkig?

Ek het vyf kinders (een is oorlede), 15 kleinkinders, 17 agter-kleinkinders en vier agter-agter-kleinkinders. Hulle is my lewe. Wanneer ek aan hulle dink en wanneer ek by hulle is, is ek op my gelukkigste.

• Dink jy in die algemeen dat kinders in vandag se tyd genoeg omgee vir hul ouers?

Beslis nie. Ek sien elke dag hoe bejaardes, wat kinders het, eensaam deur die lewe moet gaan. Dit is baie hartseer.

• Wat sal jy doen met ‘n miljoen?

Ek hou daarvan om te help. Ek sal seker alles uitgee op mense wat dit regtig nodig het.

Leer ken ook:

Themba Gadebe 

Shawn Hefer

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button