Cherise Oelofse - Ek dink dit is belangrik sodat kinders ook bietjie hul eie geld kan maak en dis ook ’n lekker aktiwiteit.
Laerskool Die Arend het ’n entrepreneursdag by die skool gehad.
Milay Cornelius – Dit is belangrik, want dit leer die kinders om vir hul toekoms te werk en ook hoe om ’n paar rand te maak.Bernice Smit – Dit is belangrik, want dit leer die kinders hoe om hul eie geld te maak of eendag hul eie besigheid te begin.Chanté Enslin – Entrepreneurskap is belangrik sodat ’n mens eendag hul eie besigheid kan begin indien hul nie werk kry nie.Jennifer Mckechnie – Dit is belangrik, want dit gee die kinders in ons skool kans om iets te koop sodat ons ook geld kan maak.