Benice Borman:My kind is so opgewonde om weer skool toe te gaan. Ek voel glad nie ongemaklik met die idee dat my kind moet teruggaan skool toe nie.
Die graad 11, ses en graad R leerders mag weer terugkeer skool toe. Hoe voel jy daaroor?
Benita van Loggerenberg:My kind is in goeie hande by haar skool en ons kinders se belange kom eerste. Ek is bly my kind kan haar akademiese jaar klaar maak.Lizelle Mocke:Ek voel die kinders het weer roetine nodig. Akademie is belangrik en my kind verlang na al haar maats. Ek is glad nie bekommerd nie.Charlene Peens:Ek voel tog bekommerd, maar ons kan ook nie ons kinders vir altyd uit die skool hou nie. Hul sal weer een of ander tyd moet terugkeer.Heidi Gouws:Al is ons ietwat skrikkerig, is my kind opgewonde om weer al haar maats te sien. Ons weet die Here se hand is oor ons kinders.
Het jy ‘n storie?
Stuur ‘n e-pos aan: Thelma Koorts (Redakteur) brakpanherald@caxton.co.za
of Stacy Slatter (Nuus Redakteur) stacys@caxton.co.za
of Miné Fourie (Joernalis) minev@caxton.co.za
Onthou om die Brakpan Herald te volg op die volgende sosiale media platforms: