Editor's choiceSchool sportSport

Stoffberg maak skoonskip in PUK 16 finaal

Die Hoërskool Stoffberg het voor verlede naweek 'n uiters suksesvolle PUK 16 finaal beleef, deur in bykans al die wedstryde wat gespeel is, skoonskip te maak.

Stoffies se rugbyspanne het al hul wedstryde gewen en slegs een hokkiespan en een netbalspan het verloor.

Die skool se rugbyspanne het veral stem dik gemaak in een van die mees suksesvolle PUK 16 finale in baie jare.

Die hoogtepunt was Stoffberg se eerstes wat die Hoërskool Bekker met 24-14 geklop het. Die tweedes wen hul finaal 10-0 teen die Hoërskool Fochville, o-16 wen 23-13 teen die Hoërskool Schweizer-Reinecke, o-15 wen 22-19 teen die Hoërskool Schoonspruit en die o-14 wen 33-7 teen die Hoërskool Overvaal.

Ons sien uit na die wintersportliga, wat in Mei afskop,” het Koos Boshoff, hoof van Stoffies gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button