School sportSport

Die Anker se atlete stel nie teleur

Hoërskool Die Anker se atlete was op hul beste en het die byeenkoms maklik gewen.

Hoërskool Die Anker het onlangs gasheer gespeel vir die Hoërskool Hans Moore, Boksburg High en Alberton High, by dié skole jaarlikse massabyeenkoms.

Die byeenkoms is gekenmerk deur goeie prestasies op die veld en ‘n ongelooflike gees op die paviljoene.

Die Anker se atlete was op hul beste en het die byeenkoms maklik gewen.

Die puntestand aan die einde van die byeenkoms was soos volg: Die Anker (1 048), Hans Moore (554), Boksburg High (367) en Alberton High (365).

Die seuns atlete van Die Anker wat besonder goed gevaar het is:

• Beste junior baanatleet: Christiaan Janse van Rensburg, 100m seuns o-15, met ‘n tyd van 11.69s.

• Beste junior veldatleet: Tjaart Scheepers, gewigstoot seuns o-15, met ‘n afstand van 14.96m.

• Beste senior baanatleet: André Groenewald, 100m seuns o-17, met ‘n tyd van 11.33s.

• Beste seniorveldatleet: Henko Oosthuizen, hoogspring seuns o-19 met ‘n hoogte van 1.90m.

Die meisies wat uitgeblink het was:

• Beste junior baanatleet: Jaylene Cloete, 1 500m dogters o-14, met ‘n tyd van 4:58.67s.

• Beste juniorveldatleet: Laché Diedericks, hoogspring dogters o-14, met ‘n hoogte van 1.42m.

• Beste senior baanatleet: Sarah Kiet, 800m dogters o-16, met ‘n tyd van 2:30.94s.

• Beste senior veldatleet: Ruzaan Mare, gewigstoot dogters o-16, met ‘n afstand van 10.84m.

Lees ook: 

Die Anker se atlete is reg vir die seisoen 

Ankers skop die atletiekseisoen goed af

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

Related Articles

 
Back to top button