School sportSport

Hoërskool Die Anker se sewes maak geskiedenis

Die Pionier Sewes Rugby Toernooi word gesien as een van die top toernooie in die reeks.

Die o-15 en o-18 rugbyspanne van Hoërskool Die Anker het verlede naweek aan die Pionier Sewes Rugby Toernooi in Vryheid gaan deelneem.

Die toernooi, wat deel is van die Bizsport Sewes Reeks, word gesien as een van die top toernooie in die reeks.

Die Anker het geskiedenis gemaak om met albei spanne na die beker-finaal deur te dring.

Dit is ook die eerste keer in die geskiedenis van die toernooi dat dit gebeur.

Daar is ook heelwat van die seuns wat vir ’n uitnodiginspan deur Travel & Sport gekies is. Hulle gaan in Desember na Argentinië toer.

Die junior spelers wat gekies is, is: Tjaart Scheepers, Reinardt van Vuuren, Corbin Cullum, Dillon van der Merwe, Christiaan Janse van Vuuren, Damian Gruen, en Keegan Labuschagne.

Die seniors is: Jeandré van Vuuren, Dwaine Korff, Drikus Joubert en PJ de Beer.

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

Ontvang die nuutste nuus op jou foon:

WhatsApp nommer:  0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)

Related Articles

 
Back to top button